FigFun Fig Preserves

  • Fig Preserves
  • Fig Preserves
  • Fig Preserves
  • Fig Preserves

fig-preserve-figsDie vye wat verwerk word vir “Vyevreugde Figfun” is afkomstig van die plase Eikenhof (Hanro en Karin Knoetzen), Keerom (Barend en Ansa Kellerman) en Dasklip (Willem en Hetta van der Merwe) te Porterville. Porterville is ongeveer 140 km Noord van Kaapstad. Hetta, Ansa, Karin en Petro, Hanro se ma, is verantwoordelik vir die heerlike produkte beskikbaar.

Hulle probeer om die passie wat Willem, Barend en Hanro vir vye produksie het, in die Figfun kombuis vas te vang en beskikbaar te stel in ‘n verwerkte vorm. GEEN PRESERVEERMIDDELS WORD GEBRUIK NIE. Vars vrugte is gedurende die seisoen beskikbaar.